Enige populasie van ‘n spesifieke onkruid mag individue insluit wat ‘n natuurlike weerstand teen ‘n onkruiddoder het. Indien hierdie onkruiddoders herhaaldelik aangewend word, kan die weerstandbiedende individue uiteindelik die onkruidpopulasie oorheers. Hierdie weerstandbiedende onkruidme sal waarskynlik nie deur enige ander onkruiddoder met dieselfde onkruiddodergroepkode beheer word nie.
Om weerstand teen onkruiddoders te vertraag:
- Vermy die eksklusiewe herhaaldelike gebruik van onkruiddoders met dieselfde groepkode. Wissel af met, of gebruik tenkmengsels van produkte in verskillende onkruiddodergroepkodes.
- Integreer ander beheermaatreels (chemiesm, verbouing, biologies) in onkruiddoderprogramme.
Philagro Onkruiddoders |
Onkruiddoder groepkode |
Ander produkte met dieselfde groepkode |
Aurora 40 WG |
E |
Goal EC, Galligan 240 EC, Compete EC, Ronstar, Flex |
Authority 480 SC |
E |
Sumimax WP |
E |
Command 4 EC |
F3 |
Amitrole |