Rugby Klassifikasie Gewysig

Post 3 of 3
rugby

Na suksevolle oorsig van die toksikologiese klassifikasie van Rugby® 10ME (kadusafos) aalwurmdoder het die Registrateur (Wet 36/1947) die  klassifikasie van die produk gewysig.

Neem asseblief kennis van die volgende veranderings:

  • Klassifikasie: Rugby® 10ME is nou as ’n Groep II – SKADELIK produk geklassifiseer
  • Etiketering: Rugby® 10ME  is nou as ‘n GEEL band produk gekategoreer
  • Wysigings op die etiket:
    Herbetreding:  Moet nie behandelde gebied betree vir 1 dag na die bespuiting nie, tensy beskermende oorklere gedra word. Vir die eerste 30 dae na behandeling is dit raadsaam om rubberhandskoene en rubberskoene te dra wanneer grond hanteer word en wanneer besproei word.
  • Rugby® is ‘n olie-in-water emulsie kontak aalwurmdoder vir die beheer van grondlewende aalwurms in meerjarige gewasse (appels, pere, perskes, nektariens, appelkose, pruime, piesangs, sitrus, koejawels, lietjies, wingerd) en eenjarige gewasse (sigorei, pynappels, aartappels, tabak).

Social share:

MENU