Nuwe Registrasie: Dantop 20 SC (l8612)

Post 2 of 3
Dantop

Dantop 20 SC (L8612) is uiteindelik geregistreer! Nou kan elke lemoenboer sommer vinnig klaarspeel met blaaspootjies en/of witluis op sy bome!

So ‘n bietjie meer inligting oor Dantop 20 SC:

  • Die aktiewe bestanddeel is Clotianidien wat behoort aan die chemiese groep, Neonikotinoïede.
  • Dantop 20 SC is stabiel by pH van 5-9.
  • Dantop 20 SC is giftig vir bye, maar met die voldekbespuiting wat tydens 80-90% blomblaarval plaasvind is die kans baie klein vir bye om in aanraking te kom met die produk.
  • Dit is geensins skadelik vir visse en voëls nie. Met hierdie produk is daar geen kommer oor die uitbraak van rooidopluis, rooimyt of die opbou van witluis nie!
  • Die gereigstreerde onthoudingsperiode is 120 dae voor oes.

Philagro SA wil graag baie dankie sê vir al die agente en boere wat lank gewag het vir hierdie registrasie om deur te kom. Ons verstaan dat daar baie frustrasie was in die tyd wat hierdie registrasie geëvalueer was en ons is seker elkeen sal die vrugte kan pluk deur die suksesvolle beheer van die geregistreerde plae.

Social share:

MENU