Philagro Suid Afrika – Mense wat omgee

In 1998 het die Japanese chemiese maatskappy Sumitomo Chemical Company (SCC), wat gebaseer is in Tokio, besluit om ‘n kantoor in Suid-Afrika te open om na sy belange om te sien. SCC het vir Mnr. John Mansfield aangestel as besturende direkteur en so is Philagro Suid-Afrika (Edms) Bpk tot stand gebring. Gedurende die eerste paar maande het die maatskappy se personeel bestaan uit slegs 5 persone.

Alhoewel Philagro SA ‘n nuwe maatskappy was, was die meerderheid van die produkte wat versprei is alom bekend in die landbou-industrie. Produkte soos Nemesis, Rizolex, Sumisclex en Sumicidin Super (om net ‘n paar te noem) was produkte wat reeds hulself bewys het in die kompeterende wêreld van landbou chemikalieë.

Kort na die ontstaan van Philagro SA het SCC die landbou afdeling van Abbott Laboratories oorgeneem en daaruit is Valent Biosciences gevorm wat ‘n integrale deel van Philagro SA uitmaak. Hierdeur het Philagro SA drie personeellede ryker geword en het ook produkte bygekry soos DiPel DF, ProGibb en ander produkte van Abbott Laboratories.

Sedertdien het Philagro SA daarin geslaag om produkte te versprei uit die stal van FMC Corporation (VSA), Aquamarine, Alzchem (voorheen Degussa), Sumitomo Corporation (nie dieselfde as SCC nie) en ‘n paar produkte vanaf Cheminova.

Ons visie is eenvoudig:

Ons streef daarna om waarde toe te voeg tot die Landbou sektor in Suid-Afrika deur produkte te verskaf van hoë kwaliteit en om daarmee saam uitmuntende diens te lewer aan ons kliente.

Ons leuse weerspieël ons visie:

“Produkte wat werk van mense wat omgee”.

Ons hoop dat u waarde sal vind in die gebruik van ons webtuiste en sal enige voorstelle of kommentaar waardeer.

 

Henk v.d Westhuizen

Besturende Direkteur

Produkte

Corasil-P
DiPel® DF
Dormex®
Meothrin®
ProGibb® 4% | 40%
Promalin®
ProTone
ReTain®
Rugby® G | ME
Sumi-Alpha® EC

 

Jongste Nuus

Nood Inligting
Vergiftiging inligtingsentrums is sentrums wat toegewyd is om deurgaans advies te gee vir die hantering van gevalle waar mens of dier moontlik per abuis deur 'n wye reeks van chemiese middels vergiftig is, of dit nou landbou of farmaseutiese middels is.

Kontak Ons
Hoof Kantoor: Fisiese adres: 379 Queens Crescent, Sunwood Park, Blok 3B - 1ste Vloer, Lynnwood, Pretoria, 0181.
Pos adres: Posbus 36213, Menlo Park, Pretoria, 0102.
Tel: 012 348 8808
Fax: 012 348 3500

Somerset Wes Kantoor:
Fisiese adres: UDS House, Office 4, 22 Gardner Williams Avenue, Paardevlei, Somerset West
Pos adres: Posbus 442, Somerset West, 7129.
Tel: 021 851 4163
Fax: 021 851 4067
Stuur vir ons ‘n boodskap
Naam*
E-pos*
six − = 3
reset
© Copyright 2013 www.philagro.co.za
MENU